Agtergrond / Background

Die ontstaan van Hoërskool Rob Ferreira / The Origin of Rob Ferreira High School

Hoërskool Rob Ferreira het soos ‘n loot gegroei uit die ou Witrivier Laerskool wat in 1948 van status verander het na ‘n Junior Hoërskool. So het die skool ontwikkel tot ‘n selfstandige Hoërskool in 1955 met mnr. P.H. Kat as waarnemende hoof. Die skoolgebou is in 1954 voltooi en die koshuis in 1959.

Rob is proud to have had the following seven extraordinary gentlemen as principals. They left deep footprints in the history of the school and the hearts of all learners, parents and teachers with whom they came in contact:

Mr. H. Toerien from 1956 to 1966
Mr. Jan Nel from 1967 to 1971
Mr. Jan Herbst from 1972 to 1973
Dr. Willem Boshoff from 1974 to 1981
Mr. Johan Coetzer from 1982 to 1992
Mr. Jack J van Rensburg from October 1992 to December 2011
Mr John Reyneke  from 2012 to December 2013.
Mr. Dawie Oberholzer is our current Principal since 2014.

Mnr Rob Ferreira

Die skool is vernoem na wyle mnr Rob Ferreira, destydse L.U.R. in die ou Transvaalse provinsiale regering. Oom Rob, soos hy algemeen bekend was, was ‘n gemeenskapsmens wat hom beywer het om fasiliteite vir die gemeenskap daar te stel. Deur sy visie en bemiddeling het Hoërskool Rob Ferreira tot stand gekom. Die grond waarop die skoolgebou, die sportterrein en die koshuis tans staan, was destyds deel van ‘n plaas wat aan Oom Rob behoort het. Hy het 28 hektaar van die plaas afgesny en aan die destydse onderwysdepartement geskenk vir die oprigting van die nuwe skool. Hy sou vandag ‘n trotse man gewees het as hy die pragtige fasiliteite en uitsonderlike prestasies van die Rob-leerlinge kon beleef. Nie net sy kinders en kleinkinders is oud-leerlinge van ons skool nie – selfs van sy agterkleinkinders was ook in hul oupagrootjie se skool!

Die simboliek van ons skoolwapen

Die skoolkleure soos dit in 1954 saamgestel is, is GROEN, ORANJE en WIT.

GROEN: In die heraldiek simboliseer groen jeug en hoop.
ORANJE: Die simboliseer krag en uithouvermoë.
WIT: Dit simboliseer geloof en reinheid.

Met die simboliek van JEUG EN HOOP, KRAG EN UITHOUVERMOË, GELOOF EN REINHEID as basis, is dit logies dat die skool se leuse VORENTOE! moet wees.

The symbolism of the crest:

THE TREE
The High School has grown from the Primary School.  The tree is anchored in our own soil. The Wild Fig on the crest is characteristic of the Lowveld.

THE CIRCLE
The orange background is symbolic of endurance as well as a reminder of the orange farms surrounding our town and school.
Furthermore it refers to the neverending cycle of a school. Year after year and generation after generation the task of a school is to prepare young people to make a significant contribution to society.

THE HILL
LEGOGOTE – the pride of the White River escarpment, has a significant place in our crest.

THE SKY
This white element of the crest reminds us that faith should always be placed above anything else.

THE WHITE LINES
These lines have been placed under LEGOGOTE and pay homage to the White River, after which our town was named.

Die Wildevyboom in ons skoolwapen:

Mnr. A.B.J. Kruger ontwerp die skoolwapen en sê:

“Dit het onmiddelik ‘n uitgemaakte saak geword dat hierdie ou wildevy ‘n ereplek in die samestelling van die wapen moet kry.”

Die simboliek lê hierin dat die Hoërskool uit die Laerskool “gegroei” het, net soos die ou Wildevy jaarliks groei en groter word. Verder simboliseer die boom ook die volgende:

  • Die boom staan vas en verankerd in eie bodem – so moet Rob Ferreira verankerd bly in eie bodem.
  • Soos die boom, so moet ook ons skool groei en vooruitgaan uit die krag geput uit eie bodem.
  • Die wildevy lê die karakter van die Laeveld in die Wapen vas.

Op Donderdag 23 Oktober 1980 word ‘n oorsig gegee deur mnr. Basie van Wyk tydens die boomplantseremonie. Oom Basie het ‘n tak van die oorspronklike boom afgesaag en dit hier by ons eie skool kom plant. Die boom is op die grasperk langs die saal in die verste hoek agter die bord wat aandui waar die koshuis is. Daar waar die busse stop en hoe laat die busse van die Super 12 veronderstel is om te arriveer. Stap sommer volgende keer bietjie regopper as jy by die boom verbyloop. O, en die oorspronklike boom? …Agter die landdroskantoor, tussen die woonstelblok en die meenthuise, sal jy die boom sien uitsteek. Hy staan in ‘n privaaterf, maar mooi is hy gewis. Die wildevy is dus nie net die simbool dat die Hoërskool uit die Laerskool gegroei het nie, maar dit is ook ‘n simbool van inspirasie, krag en groei. Terloops, Mnr. I. Zaayman was in Gr. 1 toe die oorspronklike boom by die eerste skool naby die stasie geplant is.

Olifantjie

Sedert Langenhoven se tyd het die olifant die simbool geword van die Wonder van Afrikaans. In die vierkant van die skool staan ‘n klein replika van ‘n olifant al vir dekades gemonteer.

Hierdie olifantjie is ‘n onlogsmaaklike deel van Rob-tradisie. Hy verander gereeld van kleur, want hy word gereeld deur die Robbies geverf. Ses van Rob se vorige hoofde het hul bes probeer om hierdie geverwery stop gesit te kry. Natuurlik sonder enige sukses. ‘n Paar jaar gelede het mnr Van Rensburg gesien dat hierdie nie ‘n geveg was wat hy ooit sou wen nie. Dis ‘n stukkie tradisie by Rob wat nie uitgeroei sou kon word nie. Hy maak toe die verf van die olifant wettig op een voorwaarde: moenie mors nie!

Nou word daar nie meer gemors nie want die verwers kan dit nou helder oordag doen en nie meer skelm in die nag nie en hulle hoef nie meer te vlug as ‘n onderwyser in die nabyheid is nie.

As die olifantjie moes gelewe het, het hy sekerlik ‘n identiteitskrisis beleef. As dit Valentydsdag is, word hy pienk geverf met hartjies op. As die Blou Bulle teen die Leeus speel, is hy die een dag blou en die volgende dag rooi en wit. En so gaan dit aan en aan..maar een ding is seker: sy bloed is beslis oranje!
The little elephant even became the inspiration for the school’s mascot.