Rob vaar uitstekend in Radikale Redenaars!

Ten spyte van die pandemie waarin ons onsself in 2020 bevind het, het Robbies steeds ‘n kans gehad om hul sê te sê. Voordat die grendeltydperk begin het, kon leerders hul redenaarstoesprake via video-opnames vir die Radikale Redenaarskompetisie instuur.

Beoordelaars het in die grendeltydperk na die videos gekyk en besluit wie gaan deur na die semi-finale. In die semi-finale het leerders nasionaal via video deelgeneem.

Rob spog met die volgende uitstekende prestasies:

Gohann du Toit, 1ste plek Nasionaal

Lanique Oberholzer, 2de plek Nasionaal

Dasha du Toit, 3de plek Nasionaal

Johann Snyman, 4de plek Nasionaal

Eleoné de Lange, 7de plek Nasionaal

Baie geluk aan hierdie Robbies met hulle puik prestasies!!!